Wiskundige analise

Wiskundige analise, ook algemeen bekend as calculus (van die Latynse word calculus wat letterlik “klein klippie wat gebruik word om op te tel” beteken) is die wiskundige studie van aanhoudende verandering, in dieselfde manier wat geometrie die studie van vorm is en algebra die studie van die veralgemenings van rekeningkundige berekeninge is. Dit het twee hoof vertakkings, naamlik: differensiale calculus (wat die tempo van verandering en die helling van kurwes meet) en integrale calculus (wat die akkumulasie van hoeveelhede en die areas onder en tussen kurwes meet).  Hierdie twee vertakkings is verwant aan mekaar deur die fundamentele teorie van calculus. Beide vertakkings maak gebruik van die fundamentele notasies van konvergensie van die oneindigende reekse tot ʼn goed- gedefinieerde limiet. Oor die algemeen word aanvaar dat moderne calculus in die 17de eeu ontwikkel is deur Isaac Newton en Gottfried Leibniz. Vandag word calculus in ’n wye verskeidenheid velde gebruik; soos die wetenskap, ingenieurswese en ekonomie.

Calculus is deel van moderne wiskundige opvoeding. ʼn Kursus in calculus word beskou as die begin tot ander, meer gevorderde kursusse in wiskunde.. Calculus het histories bekend gestaan as “die calculus van infinitesimale”, of “infinitesimale calculus”. Calculus is ook gebruik vir die benaming van sommige metodes van berekeninge soos variasie calculus, lambda calculus en proses calculus.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne